6 dae gelede
Skuldig ná hy geld vra om te moor
Elvis RamosebudiFoto: afp  ~ 

JOHANNESBURG. – Die man wat met ander wou saamsweer om oudpresident Jacob Zuma te vermoor, is skuldig bevind.

Elvis Ramosebudi (34) het selfs briewe uitgestuur om geld te vra om sluipmoorde te pleeg. Mense wat uit staatskaping voordeel getrek het, was op sy lys van wie om af te haal.

Aanhitsing

Zuma, vier lede van die Gupta-familie, drie kabinetsministers en die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag is in die briewe genoem.

Ramosebudi is in April 2017 in Midrand gevang. Landddros Collin Matshitse het hom gister in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan aanhitsing om moord te pleeg.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, en Mosebenzi Zwane, minister van mineraalbronne, se name is ook genoem. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters