Verlede maand
Skud jy jóú sak, sê hof
adv. busisiwemkhwebaneFoto: twitter  ~ 

NOG ’n terugslag het die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, getref.

Die grondwethof het gister ’n vroeëre uitspraak van die Noord-Gautengse hooggeregshof teen Mkhwebane bekragtig.

Die hooggeregshof het gelas Mkhwebane moet uit haar eie sak 15% van die regskoste dra vir haar saak teen Absa/Bankorp.

Die saak spruit uit ’n 2017-verslag waarin sy die spesiale ondersoekeenheid gevra het om R1,2 miljard van Absa terug te kry.

Dit hou verband met geld wat die Reserwebank in die 1990’s betaal het om Absa se Bankorp uit te bail.

Genader

Mkhwebane het ook in die verslag gesê die nasionale parlement moet begin met ’n mosie om die Reserwebank se mandaat te verander sodat dit op ekono­miese groei fokus.

Absa, die Reserwebank, die minister van finansies en die nasionale tesourie het die hof genader om haar verslag te challenge.

Die hooggeregshof het dié aansoeke om Mkhwe­bane se verslag tersyde te stel, goedgekeur.

Mkhwebane is beveel om 15% van die regskoste persoonlik te dra.

Die kantoor van die openbare beskermer dek die ander 85%.

EWN berig die beleërde Mkhwebane verwerp die grondwethof se bevinding dat sy het onder eed gelieg het.

Volgens haar kan die hofbevel haar kantoor se vermoë beïnvloed om sonder vrees op te tree. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters