4 maande gelede
Skrywer sê die boek bevat feite
 ~ 

CHRIS Steyn, die mede-skrywer van die boek The Lost Boys of Bird Island het ’n leuenverklikkertoets afgelê.

Dis omdat sy beskuldig is daarvan dat die boek wat sy en die oud-polisieman Mark Minnie geskryf het, nie op feite gegrond is nie.

In die boek word ministers­ van die Nasionale Party (NP) beskuldig daarvan dat hulle betrokke was by ’n pedofiel­ring.

Minnie het nadat die boek in Augustus uitgereik is, selfmoord gepleeg.

Ondersoeke is ook gedoen om die geloofwaardigheid van die boek te bepaal.

Inhoud

’n Insetsel daaroor is Sondag ook in die aktualiteitsprogram Carte Blanche op M-Net aangebied.

Steyn hou vol die inhoud van die boek is alles feite.

Sy sê: “’n Voormalige president van die American­ Polygraph Association (APA), Raymond Nelson, het die leuenverklikkertoets gedoen.”

Die uitslag van die toets is dat Steyn “geen beduidende tekens van misleiding” getoon het nie terwyl sy vier vrae oor die boek beantwoord het. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters