8 dae gelede
Skole in provinsie kry PPE

DIE Oos-Kaapse onderwysdepartement begin aanstaande week om persoonlike beskermingsdrag (PPE) aan skole regoor die Oos-Kaap te voorsien in sy fight teen die Covid-19-pandemie.

Loyiso Pulumani, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, sê die departement het Woensdag reeds begin om diensverskaffers aan te wys.

Aflewering

Dié verskaffers is gekies om die beskermingsdrag aan al die skole te voorsien.

Hy sê die aflewering van PPE by skole regoor die provinsie begin eerskomende Maandag.

Son het gister berig oor hoofde van sommige skole in die Baaise Nor­therns wat moan daar is nog geen PPE by hul skole afgelewer nie. Hulle het hul kommer daaroor uitgespreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters