26 dae gelede
Skole in Fillippyne heropen na 18 maande
Skole maak weer oop in Fillipyne  ~ TRACY-LYNN RUITERS

SKOLE in die Filippyne gaan nou na 18 maande weer heropen.

Pres. Rodrigo Duterte het goedkeuring gegee dat tot 120 skole vir beperkte persoonlike klasse kan heropen.

Dit is die eerste sedert die aanvang van die corona-virus-pandemie.

Alhoewel byna elke land ter wêreld skole gedeeltelik of ten volle heropen het, was skole in Filippyne sedert Maart 2020 gesluit.

Harry Roque, 'n woordvoerder vir Durerte, sê: "Die geleidelike infassering van face-to-face klasse is belangrik. Dit is nie net 'n kwessie vir onderwysers nie, maar ook 'n kwessie vir die geestesgesondheid van kinders.

"Daar is ook die kwessie van die ekonomie, want ons kan 'n generasie verloor."

Volgens die Filippynse maatreëls sal klaskamers in daardie land oop wees vir kinders in die kleuterskool tot gr. 3 en ook hoërskool. Die aantal leerders en ure in die klas sal egter beperk wees. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters