2 maande gelede
Skelms steel skoolfooie
Wees verantwoordelik: Draai die krane toe as dit by die uitgee van geld kom.  ~ dreamstime.com

TERWYL sommige skooltoe gaan om te leer is daar diewe wie skooltoe gaan om te steel.

'n Skool in KwaZulu-Natal het duisende rande verloor toe skelms op die eerste dag van die nuwe skooljaar die skool beroof het.

Kol. Thembeka Mbele, 'n polisiewoordvoerder, sê vier gewapende mans het Laerskool Quarry Heights in Nuweland-Oos, Woensdagmiddag omstreeks 13:45, binnegestorm en die personeel van geld en hul selfone beroof voor hulle van die toneel gevlug het.

Muzi Mahlambi, ‘n woordvoerder van die onderwysdepartement in KwaZulu-Natal, het 'n beroep aan skole gedoen om ouers nie toe te laat om kontant skoolgeld te betaal nie.

"Hulle moet ouers of voogde aanraai om die geld direk in die skool se bankrekening te betaal, om die veiligheid van skole te verseker."

News24 berig die polisie ondersoek die saak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters