8 dae gelede
Sibbe se nagmerrie-rit
Saps police tape
'n Vrou is vermoor nadat sy en haar broer 'n lift gekry het.  ~ Foto ter Illustrasie

'N MAN van Carolina in Mpumalanga het 'n nagmerrie-ervaring gehad toe sy suster vermoor is nadat hulle 'n lift huis toe met 'n taxi gekry het.

Ngceboyenkosi Zuma en sy suster Kwanele was Maandag vir 'n werksonderhoud. Ná die onderhoud het die taxi hulle in Emalahleni afgelaai, sowat 110 km van die huis af, omdat dit al laat was.

Hy sê hulle moes toe verder hike.

“Daar het nog ‘n taxi vol mans gestop wat ons ‘n lift gegee het,” vertel hy.

Zuma sê hy het toe besef hulle ry nie die regte roete nie. Voor hy iets kon sê is hy met ‘n vuurwapen agter die kop geslaan.

Hy is toe uit die bewegende taxi gegooi.

Zuma sê hy kan niks onthou van wat na dit gebeur het nie en het eers die volgende dag in die hospitaal wakker geskrik.

Hy het eers in die hospitaal uitgevind sy suster is verkrag en toe in die kop geskiet.

Brig. Leonard Hlathi, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek klagte van moord, poging tot moord en moontlike verkragting. - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters