7 dae gelede
Shoprite beloon hul werkers
A Shoprite store in Cape Town. Photographer: Dean
Die Shoprite-groep se werkers gaan volgende week 'n vet bonus kry.  ~ Dean Hutton/Bloomberg

DIE Shoprite-groep het hul werkers beloon met 'n waarderingsbonus van R102 miljoen vir hul onvermoeide pogings sedert die uitbreek van die corona-virus, Covid-19. 

Die werkers wat op die vloer en in die verspreidingsentrum werk, gaan volgende Donderdag die bonus ontvang.

Dié besluit volg op pres. Cyril Ramaphosa se toespraak Maandagaand waarin hy 'n beroep gedoen het op groter ondernemings om veral in hierdie tyd na hul werkers om te sien.

Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van Shoprite, sê: "Ons werknemers is belangrike rolspelers in die taak wat voorlê. Die groep wil hulle bedank en beloon vir hul onvermoeide pogings om kos en ander benodigdhede vir ons 29 miljoen kopers op winkelrakke te hou."

“Dit is een van die vele maatreëls wat ons ingestel het om ons belangrikste spanne te ondersteun, insluitend die aanbod van gratis hand sanitizers en uitgebreide verlofriglyne om voorsiening te maak vir diegene wat daardeur geraak word.

“Ons doen alles in ons vermoë om oop te bly. Ons winkels bly veilig en ons pryse bly laag,” sê Engelbrecht.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters