15 dae gelede
Sewe seer toe taxi rol
taxi
Sewe mense is beseer toe die taxi waarin, hulle gery het, in Roodepoort gerol het.  ~ Foto Verskaf

SEWE passasiers is Woensdagoggend in Roodepoort in Gauteng beseer toe 'n taxi op Main Reef-weg gerol het.

Die taxi het na bewering skielik voor 'n trok gestop en is van agter gestamp.

Shawn Herbst, 'n woordvoerder van Netcare 911, sê die passasiers het ligte beserings opgedoen.

"Die pasiënte is op die toneel behandel en na hulle gestabiliseer is, deur verskeie ambulansdienste na die hospitaal geneem vir verdere behandeling."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters