11 dae gelede
Sewe dood in ongeluk op N3
FD
'n 15-jarige seun is die enigste oorlewende in 'n gru-ongeluk op die N3 in Harrismith  ~ Foto ter illustrasie

SEWE mense is Sondagaand in 'n ongeluk tussen drie voertuie op die N3 in Harrismith dood.

Nog een is in 'n kritieke toestand.

ER24 het alle nooddienste bedank vir hul spanwerk om ’n 15-jarige seun uit die wrak te red.

Ross Campbell, woordvoerder vir ER24, sê twee mense is dood in 'n Pajero gevind. Vyf mense in 'n kombi is ook op die toneel dood verklaar.

Campbell sê dit het spanwerk van alle nooddienste op die toneel gekos om te keer dat die lorrie, wat ook in die ongeluk betrokke was, ineenstort.

Die 15-jarige seun is op die toneel behandel en na ’n hospitaal vervoer. -News24 / TheWitness


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters