3 maande gelede
Seun vas vir moord
 ~ 

POTCHEFSTROOM. – Die polisie in dié dorp in Noordwes het ’n 15-jarige skoolseun vir moord gearresteer.

Hy het Maandag ’n ander leerder gelem wat op pad huis toe was.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig “Daar word beweer Felies Sithembile was 14:00 op pad huis toe toe die seun hom steek.”

Die seun se ouers het hom gisteroggend aan die polisie oorhandig.

Die polisie sê dit is nou al die soveelste aanval op skoolkinders landwyd. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters