DIE seun van 'n stamhoof in Mpumalanga is 13 keer in sy huis geskiet terwyl hy en vriende gesit en eet het.
Zwelithini Dlamini, seun van Stamhoof Tikhontele Dlamini van die Kalomishiya-stam, is Maandag by sy huis in Matsulu buite Nelspruit vermoor.
Volgens brig. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, het Dlamini en twee ander mans gesit en eet toe gewapende man hulle aangeval het.
"'n Gewapende man het skielik net sy verskyning gemaak en sonder om 'n woord te sê het hy Dlamini geskiet. Die twee vriende van Dlamini het skuiling gesoek, voor die skieter gevlug het."
Dlamini is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir die moord is nog onbekend. - News24