6 dae gelede
Sesjarige verdrink by Durbanse strand
Police-tape, police, crime scene
'n Sesjarige seuntjie het Maandag by 'n Durbanse strand verdrink.  ~ Foto ter illustrasie: News24

’N SESJARIGE seuntjie het Maandag by 'n Durbanse strand verdrink. 

Die voorval het by die La Mercy Lagoon plaasgevind.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), eThekwini-munisipaliteit se lewensredders, die polisie, KwaZulu-Natal se noodhulpdienste asook die plaaslike noodhulpspan het omstreeks 15:10 op die verdrinking gereageer.

Die seuntjie se liggaam is later deur omstanders uit die water gehaal.

Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, sê vele pogings is aangewend om die seuntjie by te bring, maar hy is ongelukkig op die toneel dood verklaar. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters