Verlede jaar
Ses Khoisan soek steeds antwoorde
PREZ MOET LUISTER: Chief Khoisan SA sê hulle byt vas en gaan nêrens nie.Foto: NETWERK24  ~ 

HULLE skuil in die skadu van die standbeeld van Madiba voor die Uniegebou in Pretoria.

Ses Khoisan-aktiviste onder die leierskap van hoofman Khoisan SA sê die tyd om te praat oor hul eise het verstrek.

Dié groep het in November 2018 sowat 1 200 km ver vanaf die Oos-Kaap gestap en kamp opgeslaan voor die Uniegebou. Die stappers het daarop aangedring dat pres. Cyril Ramaphosa hulle te woord staan.

Daar is bitter min skaduwee waar hulle tans is en hulle moes al verskeie haelstorms trotseer wat hul tente beskadig het, berig News24.

Hulle bly egter vasbeslote om tot die bitter einde uit te hou.

Implementeer

Chief Khoisan SA sê: “Pres. Cyril Ramaphosa was nog die adjunk toe hy ons eise in 2017 ontvang het. Sedertdien het hy nie weer met ons engage nie.

“Hy kan nie nou met ons oor ons griewe kom praat nie, want nou is die tyd om ons eise te implementeer. Ons gaan nêrens totdat ons eise geïmplementeer is nie.”

Die groep eis dat:

  • Die Khoisan erken moet word as die eerste inheemse bevolkingsgroep van Suid-Afrika,
  • Die label “coloured” ver­wyder word as ’n verwysing na mense van gemengde oorsprong,
  • Kwadi-Khoe erken word as een van die amptelike landstale, en
  • Die Khoisan grond en hulpbronne moet kry waar hulle hul kulturele en tradisionele aktiwiteite kan voortsit.

’n Presidensiële woordvoerder het vroeër gesê die eise is kompleks en die groep wil hê daar moet dadelik daaraan aandag geskenk word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters