18 dae gelede
Ses dood; nege beseer in ongeluk
er24
 ~ 

SES MENSE is dood en ten minste nege ander beseer, in 'n kop-aan-kop botsing Saterdagaand in Bloemfontein.

Volgens ER24 het vyf mense, onder wie twee kinders en ’n baba noodlottige beserings opgedoen en is hulle op die toneel dood verklaar.

Die sesde persoon, ’n baba, is later in die hospitaal oorlede.

Met paramedici se aankoms op die toneel is 'n motor in die pad gevind en 'n bakkie 'n paar meter weg van die kar op sy kant.

Ineke van Huyssteen, 'n woordvoerder vir ER24, sê: “Daar was nege mense met ligte beserings en 'n jong meisiekind wat in 'n kritieke toestand was.

"Die kind is per helikopter na die hospitaal geneem, maar het kort na haar aankoms aan haar beserings beswyk."

Die ander pasiënte is almal op die toneel behandel, voordat hulle na verskeie hospitale vervoer is."

Die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend en word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters