16 dae gelede
Senzo se familie nader AfriForum
slain Bafana Bafana star Senzo Meyiwa. (Gallo Imag
Senzo Meyiwa  ~ Gallo Images

DIE hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, adv. Gerrie Nel, gaan die familie van Senzo Meyiwa verteenwoordig in 'n ondersoek na sy dood.

Die voormalige Bafana Bafana-doelwagter is vyf jaar gelede tydens 'n rooftog by sy meisie Kelly Khumalo se huis doodgeskiet.

Geen verdagtes is sover gearresteer nie.

Die Meyiwa-familie het nou vir AfriForum om hulp genader om die saak op te los.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriFourm, sê dit is belangrik dat hulle betrokke raak by sake soos dié.

"Dit is in belang van die land," sê Kriel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters