5 dae gelede
Senekal: Nog 'n arrestasie na hofdrama
’n Polisiebeampte kyk toe terwyl ’n polisievangwa brand nadat boere dit buite die landdroshof in Senekal aan die brand gesteek het. Boere het die landdroskantoor stormgeloop waar die twee moordenaars van Brendin Horner (22) verskyn het. Foto: Mlungisi Louw  ~ 

NOG 'n arrestasie is gemaak inverband met die brandstigting van 'n polisievoertuig verlede week buite die Senekal-landdroshof in die Vrystaat.

Polisiewoordvoerder, brig. Vish Naidoo, het aan News24 bevestig dat 'n 33-jarige man inhegtenis geneem is.

"Hy word van openbare geweld, brandstigting, kwaadwillige saakbeskadiging en poging tot moord aangekla."

Volgens berigte is die man 'n inwoner van Senekal wie 'n towing-diens besit. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters