19 dae gelede
Sekswerkers bedank Cyril
foto ter illustrasie  ~ 

SEKSWERKERS het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag bedank vir sy pogings om hulle regte te beskerm en diskriminasie teen hulle uit te roei.

Die  Asijiki Coalition for the Decriminalisation of Sex Work en sy lede het ? rooi sambreel met die woorde "sex work is work” en “sex work promise” daarop met ? sonneblom vir hom na die parlement geneem om dankie te sê.

Ramaphosa was ongelukkig nie daar om die geskenke te ontvang nie. Charles Ford wat in die presidensie werk het dit egter by hulle geneem en belowe om dit vir Ramaphosa te gee.

Kholi Buthelezi, nasionale koördineerder en stigterslid van Asijiki, wil hê Ramaphosa moet hulle nader en met hulle konsulteer wanneer hy wette in konsepvorm opstel.

"Ons is in die bedryf. Ons ken dit beter as enigiemand," het Buthelezi gesê.

Volgens Buthelezi word sekswerkers se lewens bedreig weens die feit dat dit steeds as kriminele oortredring beskou word.

Sy sê ook hulle het nie toegang tot gesondheidsorg nie.

"Die wetsontwerp gaan sekswerkers se lewens verander. Die land het sekswerkers nodig. Die klomp kliënte wat ons kry getuig daarvan," het Buthulezi gesê.

Felicia Abrahams, ? sekswerker, sê hulle word skeef aangekyk by klinieke wanneer hulle ? boks vol kondome vat.

Abrahams sê die mense walg hulle wanneer sy sê sy is 'n sekswerker.

"Die President is ons enigste hoop," beklemtoon sy.

Charlene May van die Women’s Legal Centre sê een van sekswerkers se grootste uitdagings is dat misdade wat teen hulle gepleeg word nie aangemeld kan word - GroundUp

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters