Verlede maand
Security ‘steel sommer self’
dfd
Die laptops wat teruggevind is.  ~ Foto Verskaf / SAPD

'N SEKURITEITSWAG wat regeringskantore in Kimberley moes oppas, het hom sommer self tot van hul toerusting gehelp.

Die 40-jarige security is dié week by sy huis in Galeshewe in hegtenis geneem nadat hy in besit van gesteelde goedere gevang is.

Kapt. Olebogeng Tawana, 'n polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisneming kom nadat die polisie inligting ontvang en opgevolg het.

Tawana sê daar is vyf memory sticks, laptop chargers, 'n laptop-sak en twee laptops in sy besit gevind.

"Die sekuriteitswag was toevertrou om die regeringsgebou te beskerm en toegangsbeheer te beheer, maar in plaas daarvan is hy in besit van goedere van dieselfde gebou gevind wat as gesteel aangemeld is," sê Tawana.

Die goedere is sowat R30 000 werd.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters