5 maande gelede
Sassa: Dis tyd vir die new cards
 ~ 

SASSA-begunstigdes word versoek om vir nuwe kaarte te registreer.

Begunstigdes kan steeds hul ou kaarte gebruik, maar net tot einde September.

Die nuwe Sassa-kaart sal ook beskikbaar wees vir nuwe aansoekers van maatskaplike toelaes.

Vanaf 1 Mei sal Sassa begin met die verandering van die ou Sassa-kaart na die nuwe Sassa-kaart vir bestaande begunstigdes.

Die verandering van die kaarte sal plaasvind by plekke wat deur Sassa geïdentifiseer sal word, soos gemeenskapsale.

Beskikbaar

Begunstigdes en nuwe aansoekers sal oor die plekke ingelig word via radio, koerante en gemeenskapsorganisasies.

Intussen sal kontaknommers aan bedlêende en verswakte begunstigdes beskikbaar gemaak word sodat hulle huisbesoeke kan versoek vir die verandering van die kaart.

Begunstigdes wat hul toelae deur hul private bankrekening ontvang, hoef nie die nuwe Sassa-kaart te kry nie.

Hierdie begunstigdes sal steeds hul toelae in hul private bankrekening ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters