7 maande gelede
Sangoma verdrink toe hy na vermiste kind soek
'A child can drown in as little as 2.5 cms of wate
'n Sangoma het verdrink in 'n poging om 'n kind te soek.  ~ Foto ter Illustrasie

’N SPIRITUAL healer van Limpopo wat belowe het om ’n vermiste tiener wat deur ’n rivier meegesleur is terug te bring, het self verdrink.

Mopipi Abraham Phiri (30) se lyk is uit die Olifantsrivier gehaal – dieselfde rivier waarin die 12-jarige seun na be­wering in Desember verlede jaar vermis geraak het.

Brig. Motlafela Mojapelo, ’n polisiewoordvoerder, sê Phiri het aan die gemeenskap gesê die seun lewe nog en hy het R13 000 nodig om die kind uit die water te haal.

Mojapelo sê die gemeenskap het ooreengekom om hom eers net R10 000 te gee, maar eers nadat hy die kind teruggebring het.

Op 10 Januarie het Phiri in die rivier ingegaan en nooit teruggekeer nie. Sy lyk is twee dae later gevind.

Intussen sê Mojapelo dat vissermanne op 29 Desember op menslike oorskot afgekom het. Maar cops wag steeds op die uitslag van DNA-toetse om te check of dit die lyk van die vermiste tiener is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters