3 dae gelede
Sanger, vrou voor vir bedrog
Dr Tumi
Dr Tumi en sy vrou Kgaogelo.  ~ Gospel corner online

DIE bekende gospelsanger Dr. Tumi en sy vrou is Dinsdag deur die Valke op klagte van bedrog gearresteer.

Doctor Tumisang Makweya (36) en sy vrou Kgaogelo (36) het vlugtig in die Palm Ridge-handelshof verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Die Makweyas het na bewering voordeel getrek uit sowat R760 000 van die Nasionale Loteryraad wat bedoel was vir projekte van 'n organisasie sonder winsbejag waarvan hulle komiteelede was.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, polisiewoordvoerder, sê die Makweyas het na bewering inligting op dokumente aan die Nasionale Loteryraad verander wat daartoe gelei het dat R1,5 miljoen in 'n private bankrekening oorbetaal is.

Die Makweyas se medebeskuldigdes in die saak is Christopher Tsivule (46) en Thomas Ndadza (48). Hulle is uit op borgtog van R5 000.

Die saak is op 7 Mei weer in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters