16 dae gelede
Sakeman se dood ondersoek
 ~ 

NELSPRUIT. – Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n saak waar die polisie ’n sakeman doodgeskiet het.

Merwyn Masher (38), ’n sakeman, het Sondagoggend vroeg by ’n ongelukstoneel gestop waar ’n persoon doodgery is.

Gaspistool

Bikers was na bewering by die ongeluk betrokke.

Dinge het handuit geruk en Masher het glo ’n gaspistool teen ’n biker se kop gedruk.

Hy het die pistool rondgeswaai en ’n polisie­beampte het hom toe geskiet. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters