11 dae gelede
Sadou sê trae Covid-19-reaksie is poging tot moord
In Gevaar
Ouers meens die departement stel leerders se lewens in gevaar.  ~ Foto ter illustrasie

DIE Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die Noord-Kaap meen die trae reaksie om skole met Covid-19-gevalle te sluit, kom neer op poging tot moord.

Dit kom nadat ouers in die area self skole gesluit het waar daar positiewe Covid-19-gevalle geïdentifiseer is. Die ouers meen distriksbeamptes van die Noord-Kaapse onderwysdepartement die veiligheid en gesondheid van hul kinders in gevaar stel.

Daar is tot dusver vyf Nood-Kaapse skole wat weens positiewe Covid-19-voorvalle gesluit is. Die skoolbeheerliggaam van die Van Rensberg Primêre Skool in Britstown het hul skool gesluit weens positiewe Covid-19-gevalle.

Die beheerraad voer aan dat daar nie ag geslaan is op hul bekommernisse nie. Die voorsitter van die beheerraad, Elroy Hoppie, sê hulle moes hul eie skoonmakers kry om die skool te disinfekteer.  - SABC News


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters