6 dae gelede
SABC skort afleggings vir 7 dae op
sabc
SABC-werkers het die afgelope week gestaak.  ~ Rosetta Msimango/City Press

DIE raad van die SABC het die proses om minstens 400 werkers af te lê vir 'n tydperk van sewe dae opgeskort.

Mmoni Seapolelo, waarnemende woordvoerder, sê dit is om alle rolspelers kans te gee om verdere gesprekke te voer en om na ander opsies te kyk om die finansiële volhoubaarheid van die nasionale uitsaaier te verseker.

Hannes du Buisson, woordvoerder van die vakbond Bemawu, sê die opskorting van die afleggingsproses beteken niks.

Du Buisson het gevra dat die briewe, wat kennis gee oor die beëindiging van dienskontrakte, teruggetrek moet word en dat die SABC na die tafel moet kom om behoorlike en betekenisvolle gesprekke te voer.

"Die SABC moet eers dit herstel wat hulle geïdentifiseer het as wat verkeerd is voordat hulle met 'n afleggingsproses begin," sê Du Buisson.

Sommige werkers het reeds die afgelope week begin staak uit protes teen die afleggingsproses. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters