2 maande gelede
SABC skors drie
 ~ 

DIE SABC het drie van hul permanente werknemers en 'n vryskut geskors nadat 'n ongeredigeerde uitsending van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak oor geslagsmisdaad laas week uitgesaai is.

Die nasionale uitsaaier het Dinsdag in 'n verklaring gesê 'n voorlopige ondersoek het gewys dat dit 'n "goedbeplande en gekoördineerde daad van sabotasie teen die SABC en die president was".

Ramaphosa het die nasie toegespreek oor die regering se planne teen die vlaag van geslagsmisdaad en verkragting sowel as xenofobiese aanvalle.

Vuyo Mthembu, woordvoerder van die SABC, sê almal betrokke was gewaarsku om die ongeredigeerde clip te vermy.

Volgens Mthembu is die ondersoek reeds in sy tweede fase. - JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters