8 dae gelede
SABC gaan voort met afleggings
Die SABC beplan om sowat 400 werkers af te lê.  ~ Argief

DIE beplande afleggings by die SABC gaan nou weer voort.

Die besluit is Woensdagoggend in 'n brief aan personeellede oorgedra en kom minder as 24 uur na Phatiswa Magopeni, nuushoof, tydens 'n vergadering aangekondig het dat afleggings vir eers op ys geplaas is.

Luidens berigte beplan die nuusdiens om sowat 400 werkers af te lê. Dit sluit in 96% van hul personeel by SABC Africa.

Woensdagoggend se besluit kom na die openbare uitsaaier 'n netto verlies van R511 miljoen die laaste boekjaar aangekondig het. 

Die Communication Workers' Union het reeds aangedui dat hulle Vrydag gaan staak. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters