11 dae gelede
SA soldaat dood in DRK
Soldiers from the Mozambican army
Die voorval, waarin 'n soldaat in die DRK doodgeskiet is, word nog ondersoek.  ~ Foto ter illustrasie: Adrien Barbier/AFP

'N SUID-AFRIKAANSE soldaat is Donderdagoggend in 'n skietvoorval in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) dood.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag was die soldaat as deel van 'n vredemissie in die DRK ontplooi. Die voorval het tydens 'n operasie in Kilia, aan die ooste van die DRK, plaasgevind.

Brig. Mafi Mgobozi, weermagwoordvoerder, sê besonderhede rondom die voorval is nog onduidelik en dat verdere ondersoek ingestel sal word.

Die identiteit van die soldaat sal eers bekend gemaak word sodra die familie en naasbestaandes in kennis gestel is. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters