Verlede maand
SA se week van beurtkrag
A candle in the dark.
Beurtkrag is hier vir die week sê Eskom  ~ Getty Images

SUID-AFRIKANERS sal die week baie krag moet hê, want Eskom het geen.

Die kragreus het Dinsdagoggend aangekondig dat fase-2-beurtkrag vanaf 09:00 Dinsdagoggend tot 05:00 Saterdagoggend geïmplementeer gaan word.

Volgens Eskom is dit weens 'n tekort aan opwekkingskapasiteit.

"Alhoewel die spanne die eenhede by Kusile, Matimba en Arnot suksesvol weer inwerking kon neem veroorsaak verdere vertragings met die hergebruik van ander eenhede druk op die kapasiteit. Dit belemmer oor die vermoë van die noodopwekkingsreserwes," lees 'n verklaring van Eskom.

Die staatsbeheerde instelling voeg by dat dat Koeberg eenheid 1 oor die naweek weer in gebruik geneem is en verwag vyf ander eenhede om ook later die week weer in gebruik geneem te word.

"Daar is 'n aantal opwekkingseenhede wat die risiko loop om probleme te gee, waaraan tans nie aandag gegee kan word nie. Dit is weens die huidige kapasiteitstekortkominge."

Click hier om te kyk of en wanneer jou gebied geraak sal word, of raadpleeg jou munisipale beurtkrag-skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters