5 dae gelede
SA het nog genoeg entstowwe
Foto ter illustrasie. Een dosis van die Pfizer-ent
Nog entstowwe word in Augustus verwag.  ~ Getty Images

SOWAT 25 000 dosisse Covid-19-entstof is tydens die onlangse onluste gesteel of vernietig.

So het dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, Woensdag tydens 'n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gesê. 

Crisp het ook gesê altesaam 250 000 dosisse kon weens die onluste nie toegedien word nie. 

Verder verwag hy ook 'n styging in Covid-19-getalle weens die onluste. Dit is egter nog onseker hoe groot die styging gaan wees.

Crisp het ook die versekering gegee dat die regering nog genoeg entstofvoorrad het.

Teen Woensdag was daar nog 2,68 miljoen dosisse oor. Dit kom op die huidige koers van inentings neer op 15 dae se voorraad.

Nog 900 000 dosisse word teen die naweek verwag.

In Augustus word nog 5,6 million gesamentlike dosisse van Pfizer en J&J-entstof verwag.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters