5 dae gelede
SA ekonomie krimp met 0,6%
ekonomiese groei
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,6% ingekrimp gedurende die derde kwartaal van die jaar.  ~ Foto ter illustrasie/Pixabay

DIE land se ekonomie het in die derde kwartaal met 0.6% ingekrimp.

Statistieke SA het Dinsdag gesê die sukkelende mynbedryf, wat met 6,1% gedaal het, is een van die grootste negatiewe bydraes tot die bruto binnelandse produk in die derde kwartaal.

Die land se vervaardigingsbedryf het met 3,9% gedaal, terwyl die vervoer-, berging- en kommunikasiesektor met 5,4% gekrimp het.

SA se handels-, spysenierings- en verblyfsektor het intussen met 2,6% gegroei, grootliks as gevolg van positiewe groei in groothandel. 

Dienste vir finansies, vaste eiendom en besighede het met 1,6% gestyg, terwyl dienste van die algemene regering met 2,4% gestyg het.

Internasionale finansieringsinstellings soos die Internasionale Monetêrefonds en die Wêreldbank het Suid-Afrika se geprojekteerde ekonomiese groei vir 2019 herhaaldelik afgegradeer weens beurtkrag, swak sakevertroue, beleidsonsekerheid en sukkelende ondernemings in staatsbesit soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens. - Fin24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters