11 dae gelede
Rubberkoeëls reën op kerkgangers
Die polisie is besig om 'n onwettige kerkbyeenkoms in Sebokeng stop te sit.  ~ Skermgreep / eNCA

MINSTENS drie mense is in hegtenis geneem nadat kerkgangers in Sebokeng, in die suide van Gauteng, Sondag met die polisie slaags geraak het. 

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die polisie moes rubberkoeëls en skokgranate gebruik om sowat 250 mense by 'n onwettige kerkbyeenkoms uitmekaar te dryf. 

Peters sê die situasie het gewelddadig geraak toe die kerkgangers nie na die polisie se opdragte geluister het nie.

Kerkleiers het intussen 'n vergadering geroep om die nuwe regulasies te bespreek. Hulle beweer die regering het nie met hulle gepraat oor die besluit om die aantal kerkgangers te beperk nie. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters