EEN van ses rowers wat by die burgemeester se huis in die Waterberg-distrik in Limpopo ingebreek het, is in hegtenis geneem.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoeder, sê die polisie het die 31-jarige man Woensdag by 'n skuilplek in Gauteng in hegtenis geneem. Hulle soek nog na vyf ander verdagtes.
Volgens Ngoepe het vier onbekende mans en twee vroue by die hek van die burgermeester se huis stilgehou en die sekuriteitswag gevra om die burgermeester te sien.
‘‘Voordat hy kon reageer, het hulle hom aangeval, die huis binnegegaan en almal vasgebind,’’ sê Ngoepe.
Die rowers het met 'n Toyota-bakkie gevlug. Die voertuig is later verlate buite Lephalale gevind.
Ngoepe sê die sekuruteitswag het ernstige beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling. – News24