27 dae gelede
Rottegif ’n bedreiging
foto ter illustrasie  ~ 

DIE natuur naby stede is in groot gevaar vanweë die moderne bestaan van mense in stede.

Dikwels gebeur dit as wilde diere en die kleiner spesies se habitat deur nuwe stedelike ontwikkeling ingeneem word.

Een van die grootste killers bly rottegif, wat inwoners juis dié tyd van die jaar uitsit om rotplae te beheer.

Rottegif het ’n baie negatiewe uitwerking op ander dierelewe.

Blootgestel

Dit het ’n stadige uitwerking op rotte, wat oor ’n tydperk van dae of selfs weke vergiftig word en siek raak. Dit maak van rotte maklike prooi vir roofdiere, wat dan ook vergiftig word.

Die Instituut vir Gemeenskappe en Natuurlewe in Afrika aan die Uni­versiteit van Kaapstad het ’n studie onder sewe verskillende spesies gedoen om vas te stel hoe gereeld roofdiere deur hulle prooi aan rottegif blootgestel word.News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters