9 dae gelede
Revenge porn nou onwettig
revenge porn
revenge porn  ~ 

REVENGE PORN is onwettig nadat die wysigingswetsontwerp op film en publikasie deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is.

Vir baie lank was vroue, en soms selfs mans, die teiken en slagoffers van revenge porn. Talle bekendes wie teikens van revenge porn was het al hul stem dikgemaak oor die probleem.

Maar nou is daar 'n wet om die probleem aan te spreek.

Volgens die wet is enige person skuldig wie wetende private seksuele foto's of videos op enige medium, insluitende die internet versprei. Dit is wanneer die verspreiding sonder die toestemming van die individu of individue is. Insluitende waar die individu of individue geidentifiseer kan word of identifiseerbaar is.

Skuldiges kan 'n boete van tot soveel as R300,000 of selfs tronkstraf van vier jaar of beide 'n boete en tronkstraf verwag. 

Die nuwe wet spreek ook haatspraak en kinderpornografie aan.

Woman24 berig Law For All noem: "Die wysings tot die wet in Suid-Afrika wat die verspreiding van explicit seksuele materiaal 'n kriminele oortreding maak, volg in die voetspore van Brittanje, Nieu-Seeland en Japan."

Die onwettige verspreiding van seksuele beeldmateriaal bly egter 'n wêreldprobleem. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters