6 dae gelede
Rasta se De Klerk-skildery laat oë rek
d
Rasta met sy skildery van wyle oudadjunkpres. FW de Kler.  ~ Twitter

DIE kamstige skilder Rasta se skildery ter ere van wyle president FW de Klerk lyk meer na Joshua Doore as enigiets anders.

Die omstrede kunstenaar wie se regte naam Lebani Sirenje is, het weer sy verfkwas en sy verf gemors toe hy ’n skildery van De Klerk geverf het en nou is hy na bewering hier in Kaapstad om die skildery te oorhandig.

Hy het die foto waarin hy trots langs sy skildery staan op sosiale media gepost. Saam met dit skryf hy: “So pas in Kaapstad geland om die FW de Klerk-skildery af te laai.”

Waar, wil jy dit aflaai, Rasta? Wie moet wat maak met daai skildery van Joshua Doore gekruis met Chester Missing?

Kan julle onthou daai slegte painting wat hy van die wyle akteur Shona Ferguson geskilder het?

A, nee a! Iemand sal die kamstige skilder se verfkwas by hom moet afvat!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters