3 maande gelede
Rassis Momberg is wispelturig
Vicky MombergFoto: netwerk24  ~ 

NADAT Vicky Momberg haar regspan gefire het, wou sy hulle vra om weer te help.

Sy het gesê sy was gelukkig met haar advokaat, Anesh Sukdeo, maar nie met haar law­yer, Wesley Rogers, nie.

Die voormalige eiendomsagent is vroeër twee jaar tronk toe gestuur weens rassistiese uitlatings.

Sy’t ’n swart verkeersman die k-woord toegesnou – 48 keer.

Sy het in die Gautengse hooggeregshof appèl teen die vonnis aangeteken.

Verhoudingsbreuk

“Ek het ’n lawyer wat nie reg optree nie en hy is abusive. Ek gaan die saak verder vat.”

Sy het toe haar mind verander en gesê Ro­gers kan op rekord wees, maar Sukdeo kan haar saak behartig. Dis die sesde keer dat sy haar regspan verander.

Rogers het aan die hof gesê daar is ’n verhoudingsbreuk tussen hom en Momberg en hy kan nie verder aangaan nie. Tydens die saak was Sukdeo besig om haar saak te stel, maar sy het gesê sy sal self haar saak stel.

Sy het ook gesê sy wil nie hê die media moet haar aansoek op televisie uitsaai nie.

“Die media het my lewe in gevaar gestel.” News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters