2 maande gelede
Rassis drup van ubuntu
Adam CatzavelosFoto: twitter  ~ 

IN ’N verstommende handomkeer sê die rassistiese Twitter-weerman, Adam Catzavelos (39), nou hy is lief vir Suid-Afrika en “trots daarop om in so ’n pragtige en diverse land te bly”.

Adam gaan vir eers oorsee laag lê totdat die ras-herrie bedaar.

Intussen bak hy mooi broodjies oor sy nasty video in die sosiale media terwyl hy in Griekeland gekuier het.

Daarin sê hy dis so nice, want daar is son, see “en geen k*ff*r in sig nie”.

Melaatses

Sy pa, George, het aan Rapport gesê dié gemors het hulle hele familie omvergewerp.

“Ons is soos melaatses.

“Niemand wil met ons meng nie. Ons is genoodsaak om ons besigheid te sluit.”

St. George’s Fine Foods se werkers het Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin hulle restaurante smeek om nie hul kontrakte met die verskaffer te staak nie. Die werkers in Catzavelos se onderneming sit sou sonder werk.

The Smoke­house and Grill, ’n restaurant in Braamfontein wat aan die familie behoort, is ook genoodsaak om sy deure te sluit.

Dit het veroorsaak dat ander restaurante in die omgewing nou meer besigheid kry.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters