Verlede maand
Rassesaak uitgestel
Adam Catzavelos.
Adam Catzavelos  ~ Skermgreep

JOHANNESBURG. – Die rassisme-saak wat teen Adam Catzavelos gemaak is, is weer uitgestel.

Die saak is deur die EFF gemaak nadat Catzavelos verlede jaar op ’n strand in Griekeland ’n rassistiese video gemaak het waarin hy die k-woord gebruik het.

Die saak is tot 5 Desember uitgestel omdat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Betaal

Catzavelos se lawyer, Lawley Shain, het gesê hulle wil die saak agter die rug kry.

“Ons is besig met onderhandelinge oor wat die pleitooreenkoms moet wees.”

Catzavelos het vroeër met die SA Menseregtekommissie ’n ooreenkoms aangegaan ingevolge waarvan hy R150 000 oor 30 maande sal betaal. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters