10 dae gelede
Rape strategie bekyk
Genl. Khehla Sitole  ~ deaan vivier

DIE nasionale polisiekommissaris genl. Khehla Sitole sê die strategie teen verkragting word hersien en dat selfs polisielede opgelei moet word om sensitief te wees in hul benadering tot sake van geslagsgeweld.

Sitole het kort ná sy vergadering met die nasionale vervolgingsgesag aan Eyewitness News gesê die polisie is besig om sy benadering te verander vir hoe hulle sulke sake hanteer.

Die vergadering kom ná pres. Cyril Ramaphosa laas week die regering se planne aangekondig het om geweld teen vroue en kinders hok te slaan.

"Ons het besluit om die strategie teen verkragting te hersien en gaan nou 'n strategie teen seksuele- en geslagsgeweld bekendstel.

"Daar is 'n opleidings- en ontwikkelingsprogram wat uitgebrei is om vervolging ook in te sluit. Dit beteken die polisie en aanklaers gaan saam opgelei word.

Sitole het ook gewaarsku dat daar boetes sal wees vir dié wat nie die sake met die nodige aandag en sensitiwiteit hanteer nie.- EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters