6 dae gelede
Ramaphosa word in spyware-saak geteiken
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ Getty Images

ONS LAND se president, Cyril Ramaphosa, is glo een van die wêreldleiers wat in ’n spyware-saak geteiken word.

Die Guardian berig Ramaphosa se selfoonnommer het in die Pegasus spyware-saak opgekom.

Hy is glo onder 14 staatshoofde, insluitend die Pakistanse premier Imran Khan en die Franse president Emmanuel Macron, wat geteiken sou word.

Tyrone Seale, woordvoerder van die presidensie, sê die presidensie het geen kommentaar oor hierdie saak nie.

Die lys dui glo aan diegene wat deur regeringskliënte van die Israelse spyware-firma NSO Group as persone van belang geïdentifiseer is.

Volgens forensiese ontleding van hul selfone is sommige name op die lys vir surveillance geteiken, berig die Guardian.

Pegasus is ’n spyware wat gerig is op iPhones en Android-toestelle en gebruikers in staat stel om agteraf data of mikrofone en kameras te aktiveer.

NSO het egter gesê dat net omdat ’n nommer op die uitgelekte lys verskyn het, dit nie beteken dat dit ge-hack gaan word nie.

Volgens ’n ontleding wat deur Amnesty International se Security Lab gedoen is, is Pegasus glo ook opgespoor na die selfone van byna 40 menseregte-aktiviste, joernaliste en prokureurs. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters