7 maande gelede
Ramaphosa 'nie mislei oor beurtkrag'
President Cyril Ramaphosa.
President Cyril Ramaphosa.  ~ 

DIE presidensie het in 'n verklaring ontken dat Eskom pres. Cyril Ramaphosa oor beurtkrag mislei het.

Die presidensie se verklaring kom enkele ure nadat adjunkpres. David Mabuza aan joernaliste in Kimberley gesê het Ramaphosa en senior kabinetslede is mislei.

Mabuza het gesê Eskom se instandhoudingsagterstand wys dat load shedding hier is om te bly. 

Sy uitlatings kom nadat Ramaphosa aan die land belowe het dat daar geen beurtkrag voor 13 Januarie sal wees nie.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, sê in 'n verklaring die president het verwys na beplande kragonderbrekings en dat Suid-Afrikaners nou onbeplane kragonderbrekings  ervaaar.

“Ons is die versekering gegee dat ons tussen 17 Desember en 13 Januarie nie in 'n posisie sal wees om enige beurtkrag te hê nie en dat hulle regdeur tot Maart alles in hul vermoë gaan doen om die netwerk te stabiliseer,”  lui die verklaring.

Eskom het Vrydag in 'n verklaring gesê beurtkrag is 'n noodsaaklike- en beheerde maatreël om te verseker die integriteit van die kragnetwerk nie in gedrang kom nie.

Fase-1 beurtkrag is vir Vrydag van toepassing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters