11 dae gelede
Ramaphosa: Min geld laat LP’s sukkel
.
SUKKEL: Volgens Ramaphosa trek LP's ook maar swaar.  ~ GCIS

DIT lyk maar net of sommige parlementslede luukse lewens lei, maar eintlik sukkel hulle om kop bo water te hou.

So het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan die media gesê toe hy gepols is oor die voordele aan ministers en parlementslede.

Volgens Ramaphosa is LP's reeds "tot die been gesny" omdat hulle vir 'n geruime tyd geen noemenswaardige verhogings gehad het nie.

"Die werk wat ons aanvat of aan ons LP's gee is baie duur. Baie van hulle sukkel om kop bo water te hou."

Ramaphosa sê slegs as die ekonomiese situasie versleg, sal daar weer na die voordele van LP's en openbare verteenwoordigers gekyk word. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters