3 dae gelede
'R350 moet vir 3 jaar nog betaal word'
Die department versoek dat die R350 toelae vir drie jaar uitgestel word  ~ Jonathan Lestrade

MEER as 12 miljoen aansoeke was teen 1 September deur die departement van maatskaplike ontwikkeling vir die R350-Covid-toelaag ontvang.

Die noodtoelaag is in Augustus tot einde Maart 2022 verleng.

Die departement het Dinsdag voor die parlement verskyn vir die goedkeuring van R26.6 miljard. Dit is om te help om die impak van die Covid-pandemie te verlig, asook die nagevolge van die Julie onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Die noodleniging toelae se betaling is tot einde Maart volgende jaar verleng.

Uit die aansoeke wat ontvang was, was 5.4 miljoen heeltemal nuwe aansoeke, terwyl byna sewe miljoen heraansoeke was. Uit die aansoeke was 62% tussen 18 en 35 jaar oud.

Brenton van Vrede, hoofdirekteur vir maatskaplike ondersteuning van die departement, het aan die komitee genoem dat die ondersteuning ook na Maart 2022 moet voortduur.

"Dit is 'n tydbom wat net wag om te ontplof.

"Ons het in April gesien wat gebeur toe die toelaag vir drie maande gestop was. Daar is duidelik 'n behoefte om die toelaag te verleng... vir ten minste drie jaar." 

Linton Mchunu, die waarnemende direkteur-generaal van maatskaplike ontwikkeling, het ook aan die komitee genoem dat die langtermyn oplossing 'n in-gefasseerde basiese inkomste-toelaag is. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters