7 dae gelede
Queen Shudu vang tweede graad
Vang graad
Mej. Suid-Afrika Shudufhadzo Musida het haar honneursgraad aan die Universiteit van Witwatersrand verwerf.  ~ Verskaf

ONSE Mej. Suid-Afrika, Shudufhadzo Musida, het nou twee grade agter haar naam.

Dié 24-jarige queen van die Ha-Masia, ’n klein dorpie in Limpopo, het vandag haar  honneursgraad in internasionale betrekkings aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

Sy het in 2019 haar BA-graad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar hoofvakke was politiek, ekonomie en filosofie.

Ná Queen Shudu se virtuele gradeplegtigheid het sy die geleentheid gehad om `n onderhoud saam met die visekanselier prof Zeblon Vilakazi te voer. Sy het pragtig gelyk haar in veelkleurige broekpak met haar gradeplegtigheid gown en haar indrukwekkende Mej. Suid-Afrika-kroon op haar kop.

Sy het die pragtige oomblik op haar sosiale media gedeel.

“Die pandemie het ons almal na onsekere tye gelei. Aan al die student wat in die laaste tyd moes volhard in ‘n tyd wat glad nie ideal is nie, voorwaarts! Geluk aan die klas van 2020.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters