Verlede maand
Publiek gewaarsku moenie drink en swem
 ~ 

DIE publiek word gewaarsku om nie te drink en te swem nie. Dit kan noodlottig wees.

In Barberton in Mpumalanga het 'n broer en suster Saterdag verdrink, vermoedelik toe hulle gaan swem het nadat hulle alkohol gedrink het.

Die 33-jarige Elvis en 31-jarige June Khumalo het saam met ander familie by Msunduka Park gepartytjie en toe besluit om te gaan swem. Die twee het toe net verdwyn.

Kol. Donald Mdhluli, 'n polisiewoordvoerder, sê familielede het almal na die twee tot laatnag gesoek, maar sonder enige sukses.

"Die soektog is die volgende dag voortgesit, toe 'n werknemer by die park iets verdag in die swembad gesien het. Dit is toe die lewelose liggame van die twee gevind is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters