9 dae gelede
Privaatskole begin met nuwe skooljaar
12 year old girl wearing a reusable, protective fa
Leerders van privaatskole het Woensdag met die nuwe skooljaar begin.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

LEERDERS van privaatskole het reeds Woensdag met die nuwe skooljaar begin. 

Dit ondanks 'n versoek van die onafhanklike skolevereniging van Suider-Afrika (Isasa) om eers volgende week na skole terug te keer. Sommige onafhanklike skole het wel die begin van hul skooljaaar na 18 Januarie verskuif. 

Isasa sê privaatskole gaan aanlyn- en fisiese onderrig aanbied om leerders en onderwysers te beskerm.

Lebogang Montjane, uitvoerende direkteur van Isasa, sê met die nuwe variant wat jongmense raak, moet hul gesondheid en veiligheid geprioritiseer word.

Intussen maak openbare skole reg om op 27 Januarie oop te maak.

Prof. Jonathan Jansen van die Universiteit Stellenbosch, sê egter die regering moet dit oorweeg om die kurrikulum uit te stel. 

"Ons weet nou dit is onverantwoordelik om skole in die middel van die piek te heropen," sê Jansen.

Hy sê die voortydige heropening van skole sal nie net die akademiese jaar affekteer nie, maar kan ook lewens kos. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters