27 dae gelede
Prez praat weer met land
Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa.  ~ GCIS

PRES. CYRIL RAMAPHOSA sal die land Sondag 12 Julie om 20:00 weer toespreek.

Kort voor die toespraak Sondagmiddag is 'n spesiale kabinetvergadering gehou.

In die dae voor die toespraak was daar ook 'n kabinetsvergadering en vergaderings van onder meer die nasionale corona-virus beheerraad en die presidensiële koordineringsraad – wat bestaan uit ministers, premiers van die nege provinsies en burgemeesters van die metro’s. 

SundayTimes berig dat Suid-Afrikaners hulle vir ‘n paar beperkings kan voorberei. 

Dit sluit na bewering in strenger regulering met die verkoop van alkohol, her-instel van “nigh-time curfew” en beperkte beweging tussen provinsie.

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydag genoem daar is ‘n kommerwekkende neiging van ekstra druk op ongevalle by hospitale sedert die alkohol ban onder vlak-3 gelig is.

“Mense kom in met steekwonde, skietwonde, sommige wie betrokke wat in ongelukke. Daar is ook gevind dat by talle van hierdie pasiënte is ‘n hoë-vlak van alkohol in hul stelsel.

“Hierdie kwessie is op die tafel gesit, om oorweeg te word.”

Volgens berigte het die NCCC tydens hul vergadering Donderdag ook voorstelle van die Gauteng regering oorweeg.

Verlede week het die Gauteng regering genoem dat die land of provinsie moontlik moet terug skuif na vlak-4 lockdown. 

Intussen het die departement van gesondheid ‘n spesiale taakspan saamgestel om te kyk na die impak wat alkohol verbruik op die gesondheidstelsel, wat reeds onder druk is, het.

Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, het aan die parlement genoem dat sedert die ban op alkohol gelig is het ernstige probleme kop uit gesteek.

Dit sluit in opeenhoping van noodbeddens, met pasiënte wie in die hospitaal opgeneem word vir alkohol-verwante voorvalle. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters