3 maande gelede
Prez paai unies
gee rigting: Pres. Cyril Ramaphosa reageer Donderdag ná die debat oor sy staatsrede.Foto’s: NETWERK24  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa het gesê Eskom-werknemers sal nie hulle werk verloor wanneer die staat dié kragreus in drie aparte besighede gaan opbreek nie.

Toe pres. Ramaphosa in Februarie aangekondig het dat Eskom in drie eenhede vir kragopwekking, kragleiding en verspreiding verdeel sal word, was daar onmiddellik ’n teenreaksie van vakbonde wat bekommerd was dat dit tot werksverliese sal lei.

Eskom het 47 000 werkers, ’n getal wat volgens die Wêreldbank 66% te hoog is, en die kragreus het skuld van meer as R430 miljard. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters