12 dae gelede
Prez move SA na vlak 1
Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa. (GCIS)  ~ 

DIE land het Woensdagaand asem opgehou om ná meer as 170 dae na ’n volgende level te gaan.

Level 1 – die vlak waarop die regulasies die slotte op die meeste sektore kan oopsluit en vryhede amper weer soos van ouds is.

Baie van juis dié sektore wat uitgemergel is ná maande sonder ’n inkomste of beperkte inkomste, het na ons prez se speech uitgesien soos ’n kind na Krismis.

By die Uniegebou in Pretoria het pres. Cyril Rama­phosa statig gesit en begin met sy gewoonlike: “My fellow South-Africans...”

Presies ’n halwe jaar is verby sedert die pandemie hier uitgebreek het.

“Die ekonomie en gemeenskap het erg hieronder gely. Deur saam te staan het ons deur die storm gekom.

“Twee maande ná die ernstigste peak het ons dit oorwin met ’n huidige herstel-persentasie van 98%.

“Die vraag na hospitaalbeddens en mediese toerusting het goed afgeneem.

“Ek wil almal bedank en gelukwens met ons ge­samentlike pogings wat ook deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gekomplimenteer is.”

Ons is steeds te midde van die pandemie en nou is dit ons taak om nie die slagoffers van ’n tweede golf van die pandemie te word nie.

Beheer

Hy sê: “Die tweede golf het baie lande hard getref nadat hulle hul regulasies te gou, te vinnig opgehef het.

“Ons berei al klaar voor vir so ’n geval en dus gaan ons voort met toetsing en brei dit uit, asook contact tracing wat uitbrekings vinnig kan beheer.

“Almal met ’n slimfoon moet die contact tracing application Covid Alert South Africa aflaai. Ek doen ’n beroep op almal om dit te doen.

“Ons gaan ’n landwye opname doen om uit te vind of iemand met die virus in kontak gekom het.

“Ek wil die frontline-werkers bedank vir hul harde werk.

“Sodra ’n entstof beskikbaar is, sal ons dit beskikbaar kry teen ’n verminderde koste sodat nie net ryk lande daarby baat nie.”

Nou is ons gereed vir vlak 1 – vanaf middernag op 20 September – wat meer normaal is en amper was soos ses maande gelede, maar met ’n nuwe normaal terwyl die virus steeds met ons is. Dit sal meer stremmings verslap op die ekonomie, op sosiale byeenkomste, waar net 250 binnenshuis is en 500 buite.

Begrafnisse kan nou deur 100 mense bygewoon word en oefenplekke en teaters sal nou 50% van hul kapasiteit neem.

Mense kan nou weer tronke besoek en ook hul mense in ouetehuise. Maar maskers moet nog gedra word en die was van hande bly ’n standaardpraktyk.

Die grense van die land sal nou geleidelik oopgestel word wat ook internasio­nale reise insluit, maar elke land sal goed oorweeg word.

Toeriste kan net gebruik maak van King Shaka, OR Tambo en die Kaapstad Internasionale Lughawe hiervoor.

Toerisme is een van ons grootste inkomste-makers en ons maak weer deure oop daarvoor.

Die aandklokreël is nou vanaf middernag tot 04:00 en drank kan nou ook weer op Vrydag aangekoop word saam met die ander dae.

“Die verskeie ministers sal van Donderdag af meer detail gee oor vlak 1.

“Vlak 1 beteken die meeste slotte kom af van die ekonomie en nou moet daar ingeklim word om te bou aan die ekonomie wat erg seergekry het, en om weer werk te skep sodat baie mense terug kan kom op hul voete.

“Meer as R30 miljard is al aan 16 miljoen behoeftige gesinne betaal om hulp te verleen.

Besef

“Oor korrupsie met die misbruik van fondse – die sake word ondersoek en korrupsie sal nié geduld word nie. Dis immers belastingbetalers se geld,” benadruk Ramaphosa.

“Nou moet ons saamwerk en steeds besef daar is ’n pandemie – dis in ons hande om ’n tweede golf af te weer deur steeds alle veiligheidsprotokolle te volg,” sluit die president af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters